Ek kon nie langer stil bly nie. Na jarre se navorsing in my kop het ek 'n Einstaain oomlik gehat en hierie vrouens is glattie so innisint is soos wat hulle voorgee nie. Die "VROUE LANDBOU UNIE". Dis hulle "official" naam. Dit staan yntlik vir "Veritas Libertas Unitas". Dit klink soos 'n sleg wyn van die Malmesbury, maar ek sal die betekenis verdydilik.
Vir "obvious reasons", kan ek nie my regte identityt pebliek maak nie. Ek skryf onner my skyl naam "Die Swart Ridder". In my regte lewe is ek 'n aspirant vistenk bouer, by Jimmy's Pet Palace in Vereeniging. Ek maak oor 6 maande my appieship klaar en dan is ek kwalifaaid. Maar yntlik is ek 'n profffessionall denker. Ek sit heel dag en dink goet yt. So mens kan maar se ek is 'n slim ou, wat weet waarvan hy praat.
Maar terug by die VLU. Weet julle wat "Veritas" beteken? Ek sal julle se. Veritas was 'n cherrie innie Romynse metoeloegie wat kwaai elusive was en sy't net wit gedra. Sien die betekenis. Dis 'n geheimsinnige wit vrou.
Libertas was 'n Romynse godin van vryheid of in ingles "Liberty". Ek't altyd gedink liberty is as iemand jou slaan, maar jy sien nie die hou kom nie. Sien weer is daar 'n dubbel betekinis in die woord liberty. Jis, ek's te slim vir my eie denke. Sien, dis weer 'n vrou wat dink sy's vry om jou te slaan nes sy wil.
Unitas in Romyns beteken eenheid. So dit beteken yntlik 'n groep van mense wat saam staan.
So die finale betekenis van die VLU wat staan vir Veritas Libertas Unitas is eintlik 'n groep wit vrouens wat baie geheimsinnig is en wat hulle mans slaan as hulle dit nie sien kom nie.
Ek sal weer skryf orr wat hulle doen. Kyk hulle is yntlik 'n faksie van die militere vroue vleuel vannie vrymesselaars. Daar's serias navorsing wat nou in my kop aangaan. Ek moet nou eers stop want my kop pyn.
Die uwe
Die Swart Ridder